Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Die Seun Vraag.
Die gebruiklike wysheid oor wat gebeur as jy dood gaan, is dat jy voor God gaan staan en as jy genoeg goeie werke gedoen het, wat jou slegte werke oortref, dan sal jy hemel toe gaan, want die Hemel is vir goeie mense en goeie mense gaan hemel toe.
Die ander geloof is dat, as jy genoeg slegte dinge gedoen het wat jou goeie werke oortref, dan sal jy hel toe gaan, want die hel is vir slegte mense. Die hemel is vir goeie mense wat ingaan deur hul goeie werke, terwyl die hel vir slegte mense is, wat slegte dinge doen.
Maar dit is nie wat die Bybel leer nie. Die Bybel leer ons dat die hel voorberei is vir die duiwel en sy engele (sien Matthéüs 25:41); dit is glad nie voorberei vir slegte mense nie.
Die Hemel is die woonplek van God en die manier waarop jy in die hemel inkom, is op die grondslag van wat jy met Jesus gedoen het. Wat God sal wil weet, is of jy in Jesus Christus geglo het?
Selfs al het jy ʼn bose lewe gelei en deurgans gesondig het en op jou sterfbed uitroep na die Here Jesus Christus in ware berou, sal jy hemel toe gaan. Maar as jy ʼn goeie lewe geleef het en ʼn relatiewe morele persoon was en goeie werke gedoen het, maar nooit jou geloof in Jesus Christus geplaas het nie, dan sal jy nie hemel toe gaan nie. Net terloops, jou goeie werke sal nooit jou slegte werke oortref nie. Wees dus dankbaar dat dit nie is waaroor jy geoordeel gaan word nie.
Die versekering dat ons hemel toe sal gaan, is nie soos ons kultuur dit dikwels sien nie, maar dit is soos die Bybel ons leer. Dit is die Seun vraag – nie die sonde vraag nie.
Ter opsomming: Wie gaan hemel toe?
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Gebruik deur toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org