Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Die Beste Moet Nog Kom.
Miskien voel jy soms soos Petrus gevoel het. Hy het namens die dissipels gepraat en vir Jesus gesê: “Ons het alles opgegee om U te volg. Wat sal ons ontvang?” (Matthéüs 19:27).
Jesus het geantwoord, “En elkeen wat ʼn huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ʼn pa of ʼn ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terug ontvang en boonop die ewige lewe verkry. Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees.” (verse 29-30)
Jy mag sê, “Wel, Greg, ek het sekere dinge opgegee om Jesus te volg. So waar is die aansienlike beloning?” Dit kom later.
Hier is wat jy moet erken. Wat jy ookal opgegee het, het God dit nie teenoor jou opgemaak nie? Jy het ʼn paar vriende opgegee. Het Hy nie vir jou beter vriende in hulle plek gegee nie? Jy het sogenaamde plesier opgegee, maar in ʼn terugblik, besef jy nou dat dit glad nie plesier was nie, maar verslawings – en boonop vernietigend. Jy het gesien hoe jou lewe verander het en God het dit alreeds teenoor jou opgemaak.
Nogtans, die beste kom nog, want wanneer ons hemel toe gaan, sal ons belonings hê wat vir ons wag. Dan kom die hemel aarde toe en ons sal die duisenjarige heerskappy van Christus hê. Dan sal ons uiteindelik die heerskappy en regering van Christus op die aarde, in die nuwe Koningkryk hê en ons sal deel daarvan wees. Ons sal dan saam met hom heers en regeer en daardie verklaring van ons Here, in reaksie op Petrus se vraag, sal dan vervul word.
So, wat ookal jy opgegee het – of wat ookal jy opgee – sal meer as net teenoor jou opgemaak word.
Ter opsomming: Wat ookal jy opgee, sal meer as net opgemaak word teenoor jou deur Christus.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou. Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Toestemming vir die gebruik hiervan is verleen deur Tyndale House Publishers, Bpk, Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org