Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 23 VAN 30

ʼn Laaste Geleentheid

Praat daarvan om op die regte plek op die regte tyd te wees. Die dief, by wyse van spreuke, het op die laaste nippertjie ingekom.

Aanvanklik het beide misdadigers, wat aan weerskante van Jesus gekruisig is, deelgeneem aan die bespotting met Hom, maar een het tot sy sinne gekom en vir die ander een gesê: “Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie” (Lukas 23: 40-41)(AOV).

Toe het hy vir Jesus gesê : “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom” (vers 42).

En Jesus het hom geantwoord, “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (vers 43).

Is dit nie verbasend hoe jy iemand iets kan vertel, en hulle verstaan dit nie ... verstaan dit nie ...verstaan dit nie. Dan eendag, begryp hulle dit. Partykeer moet ons dit vir onsself sien, moet ons nie? Dit is wat met die misdadiger aan die kruis gebeur het. Die waarheid oor wie Jesus was, het uiteindelik tot hom deurgedring. Pilatus het ʼn bietjie gehelp. Hy het feitlik, ʼn baie effektiewe Evangeliese frase geskryf, in die vorm van ʼn teken wat bokant Jesus se hoof vasgespyker was. Dit het gesê. “Hierdie is die Koning van die Jode” (vers 38).

So hier was hierdie man gekruisig saam met Jesus. Hy het dit alles ingeneem, dit alles dop gehou. Hy het die woorde van ons Here gehoor en daardie woorde het deur sy verharde hart weergalm. Toe het hy daar en dan geglo.

Twee mans het dieselfde ding gehoor en gesien en die een het geglo en die ander een nie. Beide het die vlekloos volmaakte voorbeeld van Jesus gesien. Beide was besig om te sterf en het vergifnis nodig gehad. Nietemin het die een gesterf soos hy gelewe het: verhard en onveranderd.

Ter opsomming: Twee het die vlekloos en volmaakte Jesus gesien, maar net een het sy genade aanvaar.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org