Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 25 VAN 30

Laaste Woorde

Ek het ʼn artikel gelees van ʼn Metropolitiaanse Opera tenoor, Richard Versalle, wat op ʼn leer geklim het tydens ʼn optrede terwyl hy gesing het, “Jammer, jy kan net vir so lank lewe.” Dadelik het hy ʼn hart aanval gehad en gesterf. Ironies, dit was sy laaste woorde.

Eendag, sal ons almal ons laaste woorde gee, ons laaste wil en testament. Jy mag weet wanneer jy dit gee en aan die anderkant, mag jy dalk nie. Dus, wat sal jou laaste woorde wees? Hoe sou jy jou lewe opsom?

Miskien leef jy met skuldgevoel op hierdie oomblik. Miskien het die gewig van jou sonde op jou neergeval soos ʼn ton stene. Miskien het jy onlangs iets gedoen en begin besef hoe aaklig dit werklik was. Miskien is dit iets wat jy jare gelede gedoen het. Wat dit ookal mag wees, leef jy onder ʼn las van skuldgevoel en weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. Dus, wat doen jy?

Skuldgevoel is ʼn simptoom van sonde. Daar is geen goed daarin om net die simptoom te behandel nie. Jy het vergifnis nodig. Daar is net een manier om vergifnis vir jou sonde te kry en dit is by God, deur Jesus Christus. Dus, as jy vir Hom sou sê, “Here, ek is jammer oor my sondes. Vergewe my”. Dan sal Hy jou vergewe. Die enigste sonde wat God nie sal vergewe nie, is die sonde wat ons nie wil bely nie. Die Bybel sê dat, “As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is” (1 Johannes 1:9)

As hy die mense vergewe het wat Hom aan die kruis vasgespyker het, dan sal hy jou gewis vergewe vir watter sonde jy ookal gepleeg het. Maak nie saak hoe verskriklik of onverstaanbaar dit is nie. Hy sal vergewe.

Ter opsomming: God vergewe my en ek kan ander vergewe.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org