Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 26 VAN 30



Sy Werk, Sy Weg, Sy Tydsberekening

Sommige mense begin projekte met groot geesdrif, maar dan maak hulle dit nie altyd klaar nie. Dit is ek. Ek raak regtig opgewonde om iets te begin, maar dan verloor ek soms belangstelling. Byvoorbeeld, as ek kook, is ek opgewonde om die ete voor te berei en dit te eet, maar dan hou ek nie regtig daarvan om skoon te maak nie. Of wanneer dit tyd is om die motorhuis skoon te maak, sal ek driekwart van dit gedaan kry en dan sal ek sê , “Ek sal later vandag die res skoonmaak.” En raai wat? Ek doen dit nooit nie.

Is jy nie bly dat God nie so is nie? Verbeel jou dat God sê, “Jy weet, Ek is lief vir jou, Ek het jou gekies, Ek wil jou verander na My beeld, maar, Ek is soort van verveeld met jou. Ek gaan nou aanbeweeg.”

”Wat? Wag. Gaan U nie klaar maak nie?”

”Nee. Ek het aanbeweeg. Ek het iemand gevind wat meer interessant is as jy.”

God maak egter klaar waarmee Hy begin het. Die Bybel vertel ons dat Hy “die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop” is (Hebreërs 12:2, beklemtoning bygevoeg) (NLV). Filippense 1:6 sê, “Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom” (NLV).

Maar hier is wat ons moet onthou: God doen Sy werk op Sy eie manier en met Sy eie tydsberekening. Soos Prediker 3:11 sê, “Alles het Hy mooi gemaak, op Sy tyd.” Somtyds raak ons egter ongeduldig met God. Ons sê, “Here, maak hierdie klaar!”

Hy sal dit klaar maak-- jy kan oortuig wees daarvan, maar somtyds, as ons nie tasbare vordering sien nie, dink ons God het belangstelling verloor of miskien het Hy ons verlaat. Ons moet onthou dat dit nooit die geval is nie. Hy sal voltooi wat Hy begin het.

Ter opsomming: Is jy nie bly dat God sal voltooi wat Hy in jou begin het nie?

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Tensy anders aangedui is Skrif aanhalings geneem van die Nuwe King James Weergawe. Kopiereg © 1982 deur Thomas Nelson, Inc. gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org