Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 29 VAN 30

Pyn in Perspektief

Die apostel Paulus het baie geweet van lyding. Hy het in 2 Korinthiërs 1:8-9 geskryf, “Ons is ver bo ons kragte belas, met die gevolg dat ons selfs moed verloor het om te bly lewe. Dit het eintlik vir ons gevoel of ons die doodsvonnis ontvang het sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op die God wat die dooies opwek.”

Wat ʼn openhartige erkenning van die apostel. Ons het nie gedink dat ons dit sal oorleef nie. Ons het gedink dat ons gaan sterf. So hier is wat ons gedoen het. Ons het opgehou om op onsself te vertrou en het in plaas daarvan op God vertrou.

Paulus het ook gesê dat ons die bemoediging wat ons van die Here ontvang het, met ander moet deel: “In ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het. Net soos ons ʼn oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedig bemoediging deur Christus se bemiddeling” (2 Korinthiërs 1:4-5).

Ek dink ons sou ʼn ander perspektief oor ons pyn gehad het as ons kon sien wat werklikke pyn is. Daar mag iemand wees wat hierdie lees wat regtig swaarkry, maar ek dink baie keer dat ons swaarkry nie so erg is as wat ons dink dit is nie. Ons het perspektief nodig.

Ek het menig maal na die hospitaal gegaan om mense te besoek wat besig was om te sterf en hulle het ʼn beter werk daarvan gemaak om my te bedien, as wat ek hulle bedien het. Hulle sou met my deel wat die Here vir hulle deur die Skrif wys, hoe Hy Sy bemoediging aan hulle bekend maak en hoe Hy hulle versterk en ek het uitgestap met ʼn nuwe perspektief, want daardie mense het my gehelp.

Ter opsomming: Wanneer ons sien wat ware swaarkry is, kry ons ʼn ander perspektief.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004, gebruik met toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org