Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
ʼn Nederige Verlosser
As jy God was, sou jy ooit in die versoeking gekom het om ʼn wonderwerk vir jouself te doen? Ek sou. As ek Jesus was, sou ek in plaas van om lang afstande te loop, gesê het, “Ek gaan nou daar wees”, “en ek sou daar gewees het.
Ook sou ek nie die kos in Jesus se dae geëet het nie. Per slot van rekening, God het voorkennis gehad. Hy ken die toekoms. Derhalwe, het Hy geweet dat 'In-N-Out' Burger, uiteindelik sou bestaan. Hy het geweet dat al die kits kosse wat ons vandag eet, eendag sou bestaan. Dus, sou ek my dissipels uitgestuur het om te gaan vis vang, terwyl ek my 'In-N-Out' maaltyd geëet het.
Maar Jesus het nooit enigiets van die aard gedoen nie. Selfs toe Hy in die wildernis, tydens Sy versoekings, tot die dood toe uitgehonger was, sou Hy nie ʼn klip in ʼn brood verander het, nadat die duiwel Hom versoek het om dit te doen nie, Hy het geantwoord, “Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God'” (Lukas 4:4) (AOV).
Jesus het altyd aan ander gedink. So wat sê dit van Hom, toe Hy die woorde aan die kruis geopper het, “Ek het dors” (Johannes 19:28)? Dit was die skepper van die heelal, wat gesê het, 'Ek het dors.” Dink jy Jesus kon Sy eie probleem opgelos het? Dink jy Hy kon water in wording gepraat het? Ja. Jesus kon die Niagra watervalle voor Hom laat verskyn het, sou Hy dit so verkies het. Maar in plaas daarvan het Hy gesê, “Ek het dors.”
Dit herinner ons, dat alhoewel Jesus Christus, ten volle God was, was Hy ook ten volle man. Nooit sou Hy vir ʼn oomblik Sy godheid opgegee het nie, immers het Hy nie altyd Sy wonderbaarlikke vermoëns na willekeur gebruik nie. Hy het sy heerlikheid beskerm. Hy was nog steeds altyd God. Dit is hoekom Sy dood en Sy dood alleen, voldoende was om aan die regverdige opdragte van die Vader te voldoen.
Ter opsomming: Jesus het nooit Sy godheid oorgegee nie, nitemin was Hy nederig.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org