Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Vra Hoekom
Nie lank gelede nie het ʼn vrou wat haar kind verloor het, my vertel, “Greg, al wat ek kan vra is, 'Hoekom? Hoekom?'” Toe het sy gesê, “Is dit verkeerd om te vra, hoekom?”
Ek het vir haar gesê: “Ek dink nie dit is verkeerd nie. Jy kan vra hoekom, soveel as wat jy wil. Jesus het dit gevra: 'My God, My God, hoekom het U my verlaat?'” Ek het bygevoeg, “Moet nie noodwendig ʼn antwoord verwag nie en selfs as God een sou gee, weet ek nie of jy regtig daarvan sou hou nie.
Hoekom? Hoekom? Wat as God inderwaarheid daardie vraag beantwoord? Dit het met Habakuk gebeur. Hy het God gevra hoekom sekere dinge plaasgevind het. Dit het geen sin vir hom gemaak nie en God het gesê, “Kyk na die nasies en staan verbaas! Let op en staan verstom! Ek doen iets in jou leeftyd, iets wat jy nie sou glo as iemand andes jou dit vertel nie” ( Habakuk 1:5).
Habakuk het eintlik geantwoord, “Probeer my.”
Toe God hom vertel het hoekom, het Habakuk nie van God se antwoord gehou nie. Hy het nie daarmee saamgestem nie.
God kan ons vertel hoekom, maar ons gaan dit nooit verstaan, voordat ons nie in die Hemel kom en dinge sien soos dit regtig is nie.
Dus, miskien in plaas van om te vra, hoekom, sal ʼn beter vraag wees, “Wat?” Soos in, “Wat wil U hê , moet ek doen?”
Wat God wil hê jy moet doen, is om jou op Hom te beroep. Wanneer mense na my toe kom en swaarkry en vir my antwoorde vra, sê ek vir hulle, “Ek het nie ʼn antwoord nie, maar hier is wat ek het: Draai na God toe. Hou aan Hom vas. Bid.” Een
dag, sal die hoekoms opgelos word. Tot dan, gaan alles oor wie en wat. Dit gaan oor wie ons na draai en wat ons doen. Dus, as tragedie ons tref, moet nie van God af weghardloop nie; draai na Hom toe.
Ter opsomming: Wanneer tragedie tref, moet nie van God af weghardloop nie; draai na Hom toe.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Gebruik met toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org