Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Moenie Jou Pyn Verspil nie
Dit is belangrik om die pyn van ander in ag te neem, want pyn sal in ons lewens inkom. Miskien sal jy daarvan hou om ʼn pyn-vrye-lewe te hê. Ek is jammer om hierdie nuus te breek, maar dit gaan nie gebeur nie.
Persoonlik probeer ek om pyn te vermy. As ek ʼn hoofpyn kry, is die eerste ding waarna ek soek die Tylenol, want ek wil hê dat die hoofpyn moet weggaan. Wanneer ek in die tandarts stoel sit en die boor gaan in die verkeerde plek, laat ek dit onmiddellik hoor, want ek wil hê dat die pyn moet stop. Wanneer pyn in ons lewe inkom, wil ons min of meer dieselfde ding doen. Lyding sal in ons lewe inkom.
Baie van ons sal moontlik selfs tragedie beleef. Dit is net ʼn kwessie van tyd. Grootouers sal doodgaan. Ouers sal doodgaan. Iemand naby aan ons mag onverwags doodgaan. Iemand vir wie ons omgee kan baie siek word. Ons mag baie siek word, of iets mag gebeur wat nie sin maak nie. Pyn sal kom. En jy sal nie weet hoekom dit kom nie.
Jy kan nie pyn wat in aantog is keer nie, maar jy kan besluit wat om met die pyn te doen wat in jou rigting kom. Jy kan nie van dit ontslae raak nie, maar jy kan dit kannaliseer. Hier is die praktiese beginsel: Moenie jou pyn verspil nie. Ek het hierdie stelling vir die eerste keer by ʼn paartjie gehoor wie se kind gesterf het. Ons het lank gesels, toe sê hulle vir my, “Greg, ons wil nie ons pyn verspil nie.”
Dit het regtig by my gebly. Ek het gedink, Wow. Wat ʼn puik manier om daarna te kyk. Dit is die regte uitkyk om te hê, want ons gaan swaarkry. Dus, moenie jou pyn verspil nie.
Ter opsomming: Moenie my pyn verspil nie, God!
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel. Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004, gebruik met toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org