Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Ons Bemiddelaar.
Watter vertroosting is dit om te weet dat Christus vir ons in die hemel intree. Hoekom is dit belangrik? Want die duiwel sal kom en in ons oor fluister, “Hoekom gaan jy nie voort en sondig nie? Niemand sal ooit weet nie. Ek sal dit nie oorvertel as jy dit nie doen nie.” So vat ons die aas en doen die verkeerde ding.
Dan kom die duiwel reguit terug na ons toe en sê, “Jou ellendige huigelaar! Dink jy, jy is werd om tot God te nader? Dink jy dat God jou gebede sal hoor?” Hy kom met die versoeking en wanneer ons die aas vat, dan kom hy met die beskuldigings.
Dink aan dit as ʼn hofsaal, met Jesus as ons verdediging en die duiwel as die aanklaer. Die Bybel sê dat die duiwel ons dag en nag voor God aankla (sien Openbaring 12:10). Hy sê basies aan God, "U weet, hierdie persoon is ʼn huigelaar. Sy is nie ʼn goeie Christen nie. U behoort nie haar gebede te hoor nie."
Gevolglik sê Jesus wesenlik, “Ja, ek weet sy is deurmekaar, maar Ek is lief vir haar en Ek tree in vir haar.” Dit is ons Bemiddelaar, wat namens ons by God, vir ons, intree.
Die opstanding van Jesus Christus verseker my dat Hy in die hemel vir my intree. Romeine 8:34 sê, “Wie sal ons veroordeel? Dit is Christus wat gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat ook aan die regterhand van God sit en wat vir ons intree.”
Hebreërs 7:25 vertel vir ons, “Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, tot die einde toe verlos, aangesien Hy altyd leef om vir hulle in te tree."
Dit is nie moeilik om ʼn Christen te wees nie; dit is onmoontlik-- sonder God se hulp en omdat Jesus gesterf en weer opgestaan het, tree Hy vir ons in voor die Vader.
Ter opsomming: Die aanklaer wil veroordeel; die opgestaande Jesus wil intree namens ons.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org