Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 18 VAN 30

Belangriker as God?

As jy al ooit 'n saad geplant en dop gehou het hoe onkruid rondom dit groei, dan weet jy dat onkruid nie skielik uit die grond spring en begin om die plant geweldadig te skud nie. Dit is ʼn geleidelike proses – so geleidelik, dat jy nie in staat sal wees om dit te sien as jy dit dophou nie, maar as jy ʼn kamera by die plant sou plaas en dit op tyd-vertraging stel, sal jy in stadige aksie sien hoe die onkruid die plant verwurg.

Jesus het ʼn gelykenis vertel van saad wat op verskillende tipes grond geval het. Die saad wat gesaai was op grond wat deurgroei was met onkruid, was versmoor soos dit begin groei het. Jesus het verduidelik, “Die saad wat tussen die dorings geval het, verteenwoordig die mense wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap vinnig en dit bly sonder vrug” (Matthéüs 13:22).

Daar is mense wat Christus verwerp vir geen goeie rede nie – net verskonings. Vir sommige mag dit besorgdheid wees oor hul loopbaan. Hulle het ʼn bestaan om te maak. Hulle het verantwoordelikhede. Hulle het dinge om te doen en soms kan daardie dinge vir hul belangriker wees as God.

Ander sal mense kies bo Jesus. Groepsdruk eindig nie met hoërskool nie; ons gee nog steeds om wat mense dink. Ons wil nog steeds hê dat mense van ons moet hou. Ons wil hê dat hulle ons moet goedkeur en partykeer gaan ons die slegste kompromië denkbaar aan, uit vrees oor wat ander mag dink. Petrus het Jesus ontken uit vrees oor wat ʼn totale vreemdeling van hom gedink het,

maar as jy sommige vriende opgee, of ʼn posisie, of sommige plesier, of enigiets anders ter wille van Christus, weet dit: God sal meer doen as net opmaak teenoor jou.

Ter opsomming: Wat is vir jou meer belangrik as God?

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org