Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Wanneer Die Dood sterf
Die laaste vyand wat vernietig gaan word, is die dood. (1 Korinthiërs 15:26) (AOV)
Steve Jobs, het in 2005 in ʼn inleidende toespraak by Stanford Universiteit, die volgende gesê oor die dood:
Niemand wil dood gaan nie. Selfs mense wat Hemel toe wil gaan, wil nie dood gaan om daar te kom nie en tog is dit die bestemming wat ons almal deel. Niemand het nog ooit daarvan ontsnap nie en dit is hoe dit moet wees, want die dood is heel moontlik die beste uitvinding van die lewe. Dit is die lewe se veranderings makelaar. Dit neem die oue uit die weg uit om plek te maak vir die nuwe. Op hierdie oomblik is die nuwe jy, maar eendag nie ver van nou af nie, sal jy geleidelik die oue word en weg geneem word. Jammer om so dramaties te wees, maar dit is heeltemal waar.
Daar is ʼn gedeeltelike waarheid in Job se stelling. Hy is reg as hy sê dat die dood die bestemming is wat ons almal deel en dat niemand nog ooit daarvan ontsnap het nie. Alhoewel, ek verskil van sy stelling; “Die dood, is heel moontlik die beste uitvinding van die lewe.” Dit is nie die beste uitvinding van die lewe nie. Inderwaarheid, is dit die slegste. Die Bybel vertel ons selfs dat die dood nie ʼn vriend is nie. Die dood is ʼn vyand: “Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood” (1 Korinthiërs 15:26) (AOV)
Die dood was nooit deel van God se oorspronklike plan nie. Toe hy vir Adam en Eva in die Tuin van Eden geplaas het, het Hy vir hulle gesê om weg te bly van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad, maar toe hul van daardie verbode vrug geëet het, het sonde in die wereld ingekom. En saam met die sonde het siekte en veroudering en natuurlik, die dood ook in gekom. Maar wat verlore gegaan het in daardie Tuin, was gekoop by die Kruis van Golgota. Jesus het gekom om aan die kruis te sterf, om terug te koop wat verlore was. Die dood het gesterf toe Christus opgestaan het.
Ter opsomming: Die dood moes sterf—dit was nooit deel van God se oorspronklike plan nie!
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Tensy anders aangedui is Skrif aanhalings geneem uit die Nuwe King James Vertaling. Kopiereg © 1982 deur Thomas Nelson, Inc. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org