Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Wat my verbaas
Ek vind dit verbasend hoe mense Jesus Christus verwerp, sonder om eens die tyd te neem om Sy aansprake te oorweeg. As jy soms met iemand praat oor die Christengeloof, sal hul partykeer sê,
“Wel, ek is nie in dit nie. Ek glo nie daarin nie.” ”Wel het jy al ooit die Bybel gelees?”
“Nee”
“Ek het op die oomblik inderdaad ʼn Bybel hier. Sal jy--”
“Sit daai ding weg.” Noem die naam van Jesus of die feit dat jy ʼn Christen is en dit sal dikwels ʼn gesprek met koudheid stop.
'n Ruk terug het ek ʼn stad besoek vir ʼn vergadering ter voorbereiding vir ʼn Harvest Veldtog. Terwyl ek rondloop, het ek besluit om by ʼn plek te stop vir ʼn mosselsoep. Die man wat my bestelling geneem het was baie sosiaal en spraaksaam en terwyl ons gepraat het, het ek gesê, “Haai, ek het gewonder of ek een van hierdie strooibiljette kan opsit? Ons hou hierdie gebeurtenis.” Toe het ek een van ons strooibiljette van ons Veldtog aan hom oorhandig.
Hy het dit gelees en gesê, Wag ... wag ... dit is ʼn Christen orkes.”
Ek het gesê, “Ja, dit is ʼn Christen orkes. Dit is ʼn Christen gebeurtenis. Ons gaan praat oor Jesus Christus en hoe om in ʼn verhouding met hom te tree."
Die man het waansinnig voortgegaan. Ek het net na hom geluister sonder om hom te onderbreek. Ek het hom vir ʼn ruk laat voortgaan, terwyl hy my vertel het hoekom hy nie in die Evangelie, die Bybel, ens, glo nie. Toe het ek hom gevra waarin hy glo en ons het nog ʼn rukkie gepraat.
Hier is wat ek uitgevind het. Christene word daarvan beskuldig dat hulle onverdraagsaam is, nietemin het ek gevind dat dit nie werklik die geval is nie. In plaas daarvan, het ek gevind dat die mees onverdraagsame mense, die is wat die meeste praat daarvan om verdraagsaam te wees.
Ter opsomming: Het jy gevind dat die meeste onverdraagsame mense, die is wat die meeste daarvan praat om verdraagsaam te wees.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org