Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 15 VAN 30

Die Pad Terug.

Ek vind dit interessant dat toe Petrus die opgestaande Christus ontmoet, Jesus hom dieselfde vraag drie maal vra. Hoeveel keer het Petrus die Here ontken? Drie en drie keer het Jesus hom gevra, “ Simon, seun van Jona, het jy My lief ...?” (Johannes 21:15-17). Die vorige Petrus sou gesê het, “Het ek U lief? Niemand het U lief soos ek nie, Jesus.”
Maar die nuwe-en-verbeterde, bekeerde Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet dat ek U lief het” (verse 15-17)

Jeus het die griekse woord agape, vir liefde die eerste twee maal gebruik, terwyl Petrus ʼn verskillende woord, phileo, gebruik het. Agape dra die betekenis van intense, voltooide, toegewyde, opofferende liefde terwyl phileo verwys na liefde soos in ʼn vriendskap. So wat Petrus in der waarheid gesê het is, “Wel, Here, al waaraan ek my nou kan toewy, is dat ek van U hou as ʼn vriend.”

Ek sou Petrus nie kritiseer daaroor nie. Dit was ʼn opregte waardebepaling van waar hy was. Moet nooit spog oor hoe baie jy Jesus lief het nie; spog oor hoe baie Jesus jou lief het. Ons liefde is wispelturig. Dit loop warm en koud, maar God se liefde vir ons, verander nooit nie. Dit is altyd daar. Dit is hoekom Johannes, die apostel, na homself verwys het as: “die dissipel wat Jesus lief gehad het.” Dit was nie verwaand nie. Johannes het gesê dat hy weet dat Jesus hom lief het. Jy het nodig om te weet dat Jesus jou lief het, selfs al het jy van Hom af weggedwaal. Miskien het jy opgemors.

Miskien is jy in ʼn vervalle toestand. Die manier om met God reg te maak, is om na Hom toe terug te keer. Hy sê in Jeremia 3:22: “Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees”(AOV). Dus, onthou waar jy was. Keer terug en bekeer jou van jou sondes en begin dan om te lewe soos God wil hê jy moet lewe.

Ter opsomming; Die manier om met God reg te maak, is om na Hom toe terug te keer.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org