Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 13 VAN 30

Volg op ʼn afstand

Afstand vanaf die Here, is in die hart van elke ondergang.

Byvoorbeeld, jy kan vir my ʼn huwelik wys wat ineenstort en al die verskillende redes daarvoor aanhaal, maar ek sal jou presies vertel waar dit ineengestort het. Dit het ineengestort by die paartjie se kommunikasie. Iets het gebeur, en die vriendskap, waarop die huwelik gebou was en die kameraadskap wat hul eens geniet het, is nie meer wat dit was nie. Toe het al daardie ander probleme hulle weg gevind in die gebroke huwelik.

Dieselfde kan gesê word van ons verhouding met God. Ons beweeg verder weg van die Here. Ons begin nie meer die dag met bybelstudie en gebed nie. Ons is te besig om ander dinge te doen en dan ontwikkel ander probleme. Ons vind onself dan besig om op ʼn afstand te volg.

Dit is een van die stappe wat Petrus geneem het in sy ontkenning van die Here. Die Bybel vertel ons dat nadat Jesus in hegtenis geneem is, “Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien” (Matthéüs 26:58, beklemtoning bygevoeg)

Daar is mense soos die in die Kerk. Hulle is gewoonlik laat vir die diens en die eerstes wat dit verlaat. Hulle sit gewoonlik in die agterste ry. Hulle wil in twee wêrelde leef, so hulle volg op ʼn afstand. Dit is wat met Petrus gebeur het.

Ek het die storie gehoor van ʼn klein seuntjie wat in die middel van die nag uit sy bed geval het. Toe sy ma hom vra wat gebeur het, het hy geantwoord, “ Wel, ek dink ek het te naby aan die plek gebly waar ek ingegaan het.”

Dit is dieselfde rede hoekom ons van die Here af wegdwaal. Ons bly te naby aan die plek waar ons ingegaan het.

Ter opsoming: Het jy nabyheid of afstand in jou volg van Jesus?

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org