Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 11 VAN 30

ʼn Onbewaakte Krag.

"Hoogmoed lei tot ondergang en hooghartigheid kom net voor die val." (Spreuke 16:18)[NLV]

Moet nooit sê, “Ek sal dit nooit doen.....,” want die feit van die saak is, dat jy ten volle in staat is om dit en selfs meer te doen.

Die eerste stap wat gelei het tot Petrus se ontkenning van die Here was selfvertroue. Hy het vir Jesus gesê, “Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie” (Matthéüs 26:33)[ AOV]. Wat veroorsaak het dat Petrus dit sê, was die openbaring dat Judas Iskariot ʼn verraaier is. Petrus het in der waarheid gesê, “Kyk, ek weet nie van Jakobus en Johannes, die sogenaamde Seuns van Donder nie en ek is nie seker van Matthéüs en sommige van hierdie ander nie. Maar ek gaan U dit vertel: Ek sal U nooit verlaat nie.” Dit was trots en Spreuke 16:18 sê, “Hoogmoed lei tot ondergang en hooghartigheid kom net voor die val. (NLV)

Ons kan dalk sê: "Ek sal nooit in hierdie area faal nie.” Laat ons egter versigtig wees. Dit is die presiese area waarin ons kan faal.

Jy mag dalk sê, “O, ek sal nooit dit doen nie. Ek sal nooit in ʼn miljoen jaar daardie sonde pleeg nie. Ek is werklik sterk in daardie area. Jy weet, miskien is ek bietjie swakker daar, maar in hierdie een area sal ek nooit faal nie.” Werklik? Weet jy nie hoe boos jou hart eintlik is nie? Weet jy nie dat ons almal die geneigdheid het om die verkeerde ding te doen nie? Soos die lied, Kom Jy Fontein sê,

O, tot die genade, hoe groot ʼn skuldenaar.
Daagliks is ek beperk om te wees.
Laat U goedheid soos ʼn boei.
Bind my dwalende hart aan U:
Geneig om te dwaal -– Here, Ek voel dit --
Geneigd om die God wat ek lief het, te verlaat.
Hier is my hart – O, neem en verseël dit.
Verseël dit vir U Hemelse Howe.

Ter opsomming: Onthou, ʼn onbewaakte krag is ʼn dubbele swakheid.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org