Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Die Begin van ʼn terugval.
'n Klein weermag het na Jesus toe marsjeer. Swaarde, spiese, skilde en fakels het in die donker nader beweeg na Hom toe soos ʼn magdom mense gekom het om hom te arresteer. Hulle was rasend, aangespoor deur hul skarementaliteit: Ja, laat ons hom vang! Wie moet ons nou weer vang? Jy weet hoe skares is. Hulle stook mekaar op; hulle weet nie eens waaroor hulle protesteer nie. Hulle word vasgevang in die emosie van die oomblik.
Dit is heel moontlik wat gebeur het toe die skare Jesus van Nasaret genader het, wat nog nooit een van hulle wette verbreek het nie. Net om te wys dat Jesus nie ʼn hulpelose slagoffer was nie, maar ʼn kragtige oorwinnaar, het Hy opgestaan en gesê, “Wie soek julle?” (Johannes 18:7)
”Jesus van Nasaret,” was hulle antwoord.
Hy het geantwoord, “Dit is Ek” en met daardie woorde, vertel die Evangelie van Johannes ons, het al die mense wat so teen mekaar gedruk het, “het hulle teruggetrek en op die grond neergeval!” (vers 6). Het jy al ooit domino's gespeel? Dit is heel moontlik hoe dit was toe die skare neergeval het.
Hierdie sou ʼn goeie oomblik vir Judas gewees het, om sy besluit om Jesus te verraai, te heroorweeg, maar Judas kon blykbaar nie wag om te doen wat hy van plan was om te doen nie en hy sou blindelings sy pad na die hel volg.
Ek het al rasionele mense gesien, wat van beter weet, wat die mees onbesonne dinge denkbaar onder die mag van sonde gedoen het. Salomo, wat bekend was vir sy wysheid, het openlik en blatant teen God gesondig. Dit is hoekom ons versigtig moet wees. Ons dink ons kan sonde hanteer. Ons sê, “O, hierdie sal nie vir my ʼn probleem wees nie. Ek is baie sterk. “Maar dit is die begin van ʼn terugval.
Ter opsomming: Oorversekerdheid in jouself kan lei tot terug-valling.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Gebruik deur toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org