Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 8 VAN 30


Nie die Aas nie, maar die Byt

Die vraag ontstaan, of Judas Iskariot net eenvoudig ʼn pion was. Wat hy gedoen het, het die dood van Jesus teweeggebring, wat die resultaat was vir redding vir die hele mensdom. Het dit nie? Ja, maar kom ons oorweeg die volgende: net omdat daar goed daaruit gekom het, ten spyte van sy verraad teenoor Jesus, regverdig dit nog steeds nie die daad nie.

By die kruis was daar, so te sê, twee kragte aan die werk. Beide God die Vader en die duiwel het na dieselfde gebeurtenis beweeg; die dood van Jesus Christus. Die duiwel wou Jesus stop en stil hê. Hy wou Hom tot 'n einde bring. Aan die ander kant, God die Vader se doel was dat Jesus versoening vir ons sondes bring. So die mikpunte was totaal en al verskillend, maar in 'n mate het beide na dieselfde gebeurlikheid beweeg.

Ons moet egter die volgende oorweeg; Judas het die werk van die duiwel gedoen. Dit is ook belangrik om in ag te neem dat hy die verraad van Jesus begin het. (sien Matthéüs 26:14). Judas het dit begin. Hy het dit in beweging gebring. Niemand het hom gedwing om dit te doen nie. Judas was verantwoordelik vir die besluite wat hy geneem het.

Die resultaat was gebruik tot verheerliking van God, maar dit was definitief nie die duiwel se intensies nie. Judas was nie die slagoffer van omstandighede of die passiewe instrument van voorsienigheid nie. Hy het hierdie besluit heeltemal op sy eie geneem. Ja, die duiwel het inbeweeg en die gedagte in Judas se brein geplant om Christus te verraai. Ons lees in Johannes 13:2: “het die duiwel alreeds ʼn saadjie in die hart van Judas, [a] die seun van Simon Iskariot, geplant om Jesus uit te lewer. “Judas kon die versoeking weerstaan het, net soos ons ook almal versoekings kan weerstaan. Die feit is dat die duiwel ʼn gewillige instrument in Judas gevind het. Judas het die aas geneem, daarmee gehardloop en die Here verraai.

Onthou, dit is nie die aas wat die versoeking teweeg bring nie. Dit is die eet / byt daarvan.

Ter opsomming: Judas het die aas van versoeking geneem, maar hy kon dit weerstaan het – wat van jou?

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif gedeeltes aangehaal uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Gebruik met toestemming van Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org