Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

In Sy Oë
As jy voorafkennis gehad het en besluit om op 'n perd te gaan wed by 'n wedren, sal jy op 'n verloorder of wenner wed?
Partykeer kyk ons na ons lewens en wonder? Hoekom sal God 'n verloorder kies? Ons moet egter besef dat God nie net ons swakhede sien nie. Hy sien jou vir wat jy kan word.
Ek weet nie in watter toestand jy vandag is nie. Dalk voel jy geestelik heelwat afgetakel. Miskien het jy gefaal op 'n sekere manier, patroon of vorm. Miskien was daar 'n morele mislukking in jou lewe wat so pas ontbloot is en nou moet jy die gevolge daarvan in die gesig staar. Of, dalk is dit nog nie ontbloot nie, maar jy is betrokke by goed wat jy weet jy nie moet doen nie.
Dalk wonder jy met tye hoekom God jou in die eerste plek geroep het om Hom te volg. God het voorafkennis. Hy weet wat gaan gebeur nog voordat dit gebeur. As dit die geval is, hoekom sal God dan iemand soos ek of jy kies?
Ek onthou nog, hoe ek en my kleindogter Stella een dag saam tyd spandeer het en sy besig was om my gesig te bestudeer en na my oë gekyk het. Sy het toe baie naby aan my gekom, haar neus teen myne gedruk en gesê, “Pappie, ek kan myself in jou oë sien.”
Ek het gesê, “Wat?”
Sy het gesê, “Ek sien myself in jou oë.”
Ek het in haar klein blou-groen ogies gekyk en besef dat sy haar weerkaatsing in my oë kan sien. Toe sê ek, “Wel Stella, jy is altyd in my oë en ook in my hart.”
As jy van naderby kyk – en jy moet baie naby wees – sal jy jouself in God se oë sien. Jy sal sien dat Hy jou liefhet en vir jou omgee en Hy sien jou vir wat jy kan word.
Ter opsomming; God sien jou vir wat jy kan word!
Kopiereg © 2012 deur Harest Ministries. Alle regte voorbehou

Aangaande hierdie leesplan

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org