Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Hou aan Beweeg
Wanneer ons die woord “afvallige" hoor, dink ons aan iemand wat geheel en al hul geloof prysgee en hul rug op God draai en 'n persoon wat dit doen kan verseker as 'n afvallige geklasifiseer word. Ek wil egter 'n stelling maak dat daar persone is wat terugval en nie eens bewus is daarvan nie.
Niemand beplan om terug te val nie. Jy bel nie jou Christen vriend en sê, “Hallo, wil jy vanaand terugval? Ek tel jou 7h00 op. Wat sê jy?” Nee dit is nie wat gebeur nie. Afvalligheid gebeur subtiel en meestal geleidelik. In werklikheid is dit so subtiel dat jy nie werklik agterkom dat dit gebeur nie. Die Bybel waarsku ons teen dit en dat een van die tekens van die eindtye is dat mense afvallig sal word van die geloof (sien 1Timótheüs 4:1).
God sê dat as ons teruggeval het, moet ons na Hom terugdraai ( sien Jeremia 3:22). Jesus het vir die kerk in Éfese gesê, “Onthou dan vanwaar jy uitgeval het” (Openbaring 2:5) (Afrikaanse ou vertaling)
Is jy vandag in 'n vervalle toestand? Is jy in die proses om terug te val? Jy gaan of vorentoe met Christus, of jy gaan agteruit. Of jy vorder of jy gaan terug en die oomblik wat jy jou wandel met Jesus in neutraal sit, sal jy vind dat jy in die verkeerde rigting beweeg.
Ek het gelees van 'n teken aan die einde van 'n aanloopbaan, wat lees, “Hou aan beweeg. As jy stop, is jy in gevaar en 'n gevaar vir diegene wat vlieg.” Dieselfde waarskuwing kan toegepas word op die Christen se lewe; Hou aan beweeg. As jy stop, is jy in gevaar en 'n gevaar vir ander.
Moenie op jou louere rus, of in die verlede leef nie. Ons moet voortdurend groei as navolgers van Jesus.
Ter opsomming: Ons het nodig om voortdurend te groei as navolgers van Jesus.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org