Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld

Wees Oor Niks Besorg Nie

DAG 1 VAN 7

Kalmte in teenspoed

Vandag kyk ons na een van die twee Ou Testamentiese Skrifgedeeltes wat Petrus in 1 Petrus 2 gebruik het. Jesaja waarsku Israel oor sy vals sekuriteite in die dreigende oorlog teen Assirië. Israel wend hom nie tot God nie, maar sluit verbonde met ander wêreldmagte wat op die ou end niks gaan beteken nie. Hulle gaan te laat agterkom dat hulle op sand gebou het en dit gaan ’n vreeslike gespartel afgee wanneer die Assiriërs hulle land binnestroom en hulle vestings vernietig.

Daarenteen verduidelik Jesaja dat God die ware sekuriteit van Israel is. Hy is vas en gegrondves. Hy wat op God vertrou, sal nie spartel in teenspoed nie. Wat opvallend is, is dat God nie sê dié wat op Hom vertrou, sal nie teenspoed beleef nie. Hulle sal. Almal sal. Die verskil is die uitkoms daarvan. Dié wat op valse fondamente bou, spartel in teenspoed. Hulle fondamente verbrokkel.

Die gedagte is dat gelowiges enige teenspoed met kalmte kan binnegaan omdat hulle deur geloof op die onbeweeglike Rots geanker is. Wanneer teenspoed jou bedreig, hou jou oë op die Rots! Al is die teenspoed hoe fel – al verloor jy alles – jy sal nie vernietig word nie. “Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook” (Joh 11:25). Volle oorgawe aan God ongeag die teenspoed of die effek daarvan bring groot vrede en beheer wat andersins onbekombaar is. God voorsien bonatuurlike vastigheid wat alles oortref.

Vader, leer my hoe om dit te doen!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wees Oor Niks Besorg Nie

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/