Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld

Wees Oor Niks Besorg Nie

DAG 4 VAN 7

Die wyse weg

Jakobus praat nie net van wysheid oor die algemeen of in die breë nie. Hy praat van die spesifieke wysheid wat ons benodig sodat ons kan weet hoe om in verskillende situasies aan God gehoorsaam te wees.

Soms weet ons presies wat God van ons verlang binne ’n gegewe situasie, maar soms kom ons daardie wysheid kort. Wat doen ons dan? Dis deel van dissipelskap. Ons is in verhouding met die Vader deur die Seun en ons vra Hom vir daardie wysheid. Paulus sê: “Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Kor 10:13, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

As ons nie die uitweg kan sien nie, praat ons met God daaroor. Daar is altyd ’n uitweg – altyd wysheid. Om te honger en te dors na geregtigheid is om te honger en te dors na die wil van God. As ek nie weet wat dit is nie, hou ek nie op totdat ek weet nie. Ek honger daarna. Ek hoef nie moedeloos te word nie, want God is getrou. Die wysheid is beskikbaar – die uitkoms is daar. As ek dit nie sien nie, sal God dit vir my wys. As ek net ’n bietjie soek en dan opgee, is dit dalk ’n aanduiding dat ek nie regtig wil weet nie – nie regtig honger en dors nie.

Vader, wakker daardie honger en dors in my aan!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wees Oor Niks Besorg Nie

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/