Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld
God is getrou
Waarvoor bid jy? In gister se teksvers het ons gesien dat Jakobus praat van wysheid in beproewinge – hoe om aan God gehoorsaam te wees in praktiese situasies. Waaraan twyfel jy? Jy twyfel aan die karakter van God. As jy nie weet hoe om ’n situasie te hanteer nie, sal God jou nie daarvoor verwyt nie (v 5). Hy sal vrygewig wees met sy wysheid om jou ’n uitweg te gee uit die versoeking of jou wysheid te gee in die beproewing.
Jesus praat oor krisisse en sê: “Wanneer julle in die sinagoges en voor heersers en owerhede verhoor word, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging sal sê nie, want die Heilige Gees sal julle leer wat nodig is om te sê terwyl julle daar staan” (Luk 12:11-12). Om die karakter van God in twyfel te trek, is om onbestendig te wees soos ’n brander wat deur die wind aangejaag word. Om in jou onsekerheid God te beskuldig of te verdink van onbetroubaarheid sal jou aan die kortste end laat trek. In wese is dit wat hoogmoed is (Jakobus kom in hoofstuk 4 daarby).
Die karakter van God is onbetwisbaar en sy Woord is die waarheid. Hou daaraan vas. God sal antwoord.
Vader, U bly getrou al is ek onseker!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/