Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld

Wees Oor Niks Besorg Nie

DAG 2 VAN 7

Lig in die duisternis

Hierdie is so ’n vertroostende Skrifgedeelte! Hy sorg vir my, al sien ek dit nie. Hy sorg vir my en ek glo dit. Hy sorg vir my en ek weet Hy is wie Hy sê Hy is. Dáárom gee ek al my bekommernisse aan Hom oor. Om nie te weet Hy sorg nie en nie te glo Hy is wie Hy sê Hy is nie, laat my op ’n baie skrikwekkende en eensame plek. Meer nog, om my bekommernisse op Hom te werp, is deel van onderwerping aan Hom. Iemand wat hom nie aan God onderwerp nie, kan beslis nie sy bekommernisse vir God gee nie! Ek gee my bekommernisse vir Hom, want ek onderwerp my aan Hom en deur my aan Hom te onderwerp, kan ek my bekommernisse vir Hom gee. Dit werk na beide kante toe.

Is dit nie ’n kosbare ontdekking nie! Dit is so goed om dit te hoor in die tyd waarin ons leef. Gerugte van swaar tye wat aan die kom is, word al hoe harder en sekerder. Die normale reaksie in hierdie omstandighede is toenemende benoudheid en vrees en al die ander emosies wat daaruit spruit. Maar vir dié wat voor God buig, is daar lig te midde van die duisternis. Ongeag wat gebeur, God is in beheer en Hy sorg vir die geliefdes van sy Seun. Dit is so seker as wat God sekerlik God is. Daarin vind ons veiligheid en vertroosting, al gebeur die ergste. Dit is deel van die “kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom” (1 Pet 1:4).

Vader, hoe heerlik is dit om U te dien!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wees Oor Niks Besorg Nie

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/