Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld

Wees Oor Niks Besorg Nie

DAG 7 VAN 7

Tot die einde toe

Deur geloof in Christus Jesus word ons deel van Jesus. Dis egter nie ’n eenmalige gebeurtenis nie. Dis ’n deurlopende proses totdat ons sterf. Vandag se teksvers maak dit duidelik. Aan die einde van sy lewe skryf Paulus: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly” (2 Tim 4:7). Die voorwaarde vir redding is geloof in Jesus – enduit. Die vertroue waarmee ons die Christelike lewe begin het, is die vertroue dat Hy is wie Hy sê Hy is. Die Christelike lewe is ’n lewe onderdanig aan die Een wat waardig is om al die lof en eer en dank te ontvang. Jesus sê: “Elkeen wat sal volhou tot die einde toe, sal verlos word” (Matt 10:22; 24:13; Heb 3:6; Op 2:10, 26).

Die Hebreërsskrywer stel dit sterk aan sy lesers: “‘Dié mense wat my wil doen, sal uit die geloof lewe. Maar dié wie se moed hulle begewe – van hulle wil Ek niks weet nie.’ Ons is egter nie mense wat ons tot ons eie ondergang laat afskrik nie. Nee, ons vertrou op God en daardeur sal ons lewe” (Heb 10:38-39). Kan ’n gelowige in Jesus die geloofstryd gewonne gee? Vir seker. Die waarskuwings in die Bybel is ’n sterk bewys van hierdie gevaar. Kan ons ons oë van Jesus afhaal? Vir seker. Dit is juis waaroor Christelike bemoediging gaan: “Ons oë vasgenael op Jesus” (Heb 12:2). 

Vader, help my om in geloof en gehoorsaamheid stewig vas te hou aan Jesus.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wees Oor Niks Besorg Nie

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/