Wees Oor Niks Besorg Nie Voorbeeld

Wees Oor Niks Besorg Nie

DAG 3 VAN 7

Wanneer is dit te groot?

Hoe groot is God vir jou? Dit was die onderliggende vraag aan baie mense wat Jesus bedien het.

Hoe groot is Jesus vir jou? Vir Maria en Marta, Lasarus se susters, was Jesus groot en wonderlik – groot genoeg om enige siekte te genees wat hul broer kon hê, maar is Hy groot genoeg om die dood te oorwin? (Joh 11:1-44). Hoe verdring bekommernis die woord en gesag van God in ’n mens se lewe? Een rede is omdat ons nie die verband sien tussen God en die lewe nie. Is God betrokke in ons lewens? Is God bewus van ons lewens? Is God in beheer van ons lewens? Jesus leer: “Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon” (Matt 6:6). En weer: “Ek sê vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek. Is die lewe nie baie belangriker as kos nie? En is ’n mens se liggaam nie baie belangriker as klere nie? As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie” (Matt 6:25, 30).

Wanneer die sorge van die lewe groter raak as God, beweeg ons weg van God om self in te gryp.

Vader, help my om u heerlikheid te sien!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wees Oor Niks Besorg Nie

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/