Volkome OorgaweVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
- Waarom was dit nie goed vir die man om alleen te wees nie? Waarom het God die vrou geskep?
- Waarom is dit belangrik om te onthou dat elke Christen, hetsy manlik of vroulik, 'n waardevolle lid van die liggaam van Christus is? Hoe moet ons mekaar behandel op grond van die waarheid dat ons almal na die beeld van God gemaak is?
- Wat verenig ons, volgens Galasiërs 3:28?
- Waarom is dit betekenisvol dat Jesus medelye teenoor die weduwee in Lukas 7 betoon het toe Hy haar sien?
- Selfs aan die kruis, terwyl Hy besig was om te sterwe, het Jesus seker gemaak dat daar na sy moeder omgesien sal word nadat Hy gesterf het. Wat leer dit ons oor Jesus se siening van vroue?
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/