Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 13 VAN 43

Lees: Rut 1:1–18

SOAP: Rut 1:16

Maar Rut het geantwoord:

“Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie,

want waar u gaan, sal ek gaan;

waar u bly, sal ek bly;

u volk is my volk;

u God is my God.”

Oordenking

Naomi sou nooit weet hoe God verlossing deur haar hartseer en verlies sou orkestreer nie. God het Naomi se moeilikste oomblikke gebruik om sy planne vir sy volk voort te sit. As Elimeleg nog geleef het, sou Naomi nooit nodig gehad het om op haar seuns staat te maak vir beskerming en versorging nie. As haar seuns nog geleef het, sou Naomi nooit nodig gehad het om planne te maak om Moab te verlaat en terug te reis na Betlehem toe nie. En as Naomi nooit daardie eerste tree terug na haar tuisdorp gegee het nie, sou Rut nooit vir Boas ontmoet het nie, 'n gebeurtenis wat daartoe gelei het dat hulle familie in die geslagsregister van Jesus was.

Rut was baie lief vir Naomi en dit was moontlik dat sy van God geleer het deur haar daaglikse interaksies met Naomi. Ten spyte van alles wat teen haar was, het Naomi aangehou om in 'n vreemde land in God te glo. Naomi het nooit haar begrip verloor van wie God is nie, maar sy het soveel hartseer en pyn gesien dat sy opgehou het om te glo dat God vir haar goed sou wees. Selfs in haar pyn het God nie opgehou om vir Naomi om te gee nie; Hy het haar van 'n skoondogter voorsien wat alles wat sy geken het, gelos het om aan haar sy te wees.

Toe Naomi vertrek het om terug te keer na Bethlehem, was sy van plan om terug te keer na die dorp en familie wat vir haar as weduwee kon sorg. In plaas daarvan om terug te draai na haar eie familie in Moab, het Rut gekies om by Naomi te bly en na 'n vreemde land te reis, by 'n vreemde volk te woon en in 'n vreemde God te glo. Rut het haar geloof gestel in die God waarin Naomi geglo het, al het sy gesien hoe haar skoonma met haar geloof worstel. Rut se besluit het 'n impak op die hele dorpie Bethlehem gemaak. Haar verhaal het gereis tot by 'n man met die naam Boas, wat van Rut sou hoor en haar harde werk en toewyding met beskerming en voorsiening sou vereer.

Rut het ook geweldige verliese ervaar. Rut se man, skoonpa en swaer het almal gesterf, wat haar en die ander vroue in die familie oorgelaat het om vir hulself te sorg. Terwyl Naomi gekies het om te glo dat God teen haar werk, het Rut gekies om geloof te hê. Sy het gekies om in dieselfde God as haar skoonma te glo, al het Hy hulle albei deur soveel swaarkry laat gaan.

Ons kan Rut se voorbeeld van vertroue in God se voorsiening volg deur aan Hom vas te klou selfs wanneer diegene rondom ons begin twyfel. Rut se geloof en gewilligheid om Naomi te ondersteun in haar seisoen van hartseer het gelei tot haar verhouding met Boas en die kind wat die voorvader van die Messias, die Verlosser van die wêreld sou wees: Jesus Christus.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/