Volkome OorgaweVoorbeeld
Lees: Markus 5:25–34; Lukas 8:40–48
SOAP: Markus 5:34
“Daarna sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!”
Oordenking
Die vrou waarvan ons vandag lees, het 'n paar ongelooflike dapper keuses gemaak voordat haar genesing plaasgevind het. Kultureel sou sy 'n uitgeworpene gewees het omdat haar mediese toestand haar seremonieel onrein gemaak het. Dit het beteken dat, bo en behalwe meer as 'n dekade van lyding wat geen dokter kon genees nie, sou sy die hele tyd van haar gemeenskap geïsoleer gewees het. Na soveel jare van eensaamheid en siekte, is dit geen wonder dat sy desperaat was om genees te word deur die enigste Een wat dit kon doen nie.
Al het haar jare van isolasie haar van haar gemeenskap en godsdiensdeelname uitgesluit, het sy groot geloof gehad. Ons weet nie of sy vir genesing gebid het nie, al wat ons weet is dat sy al haar geld aan dokters bestee het en haar toestand net erger geword het. Ons word nie eers vertel wat haar naam is nie. Maar ons weet wel dat sy geloof gehad het in die genesende krag van Jesus. Sy het geglo dat sy genees sou word deur net aan Hom te raak.
Gegewe haar toestand was dit 'n groot risiko om tussen die skare te wees. Die vrou mag aan niemand geraak het nie, veral nie iemand so gewild en belangrik soos Jesus nie. Tog het sy so 'n groot geloof gehad dat Hy haar sou genees dat sy selfs gevaar geloop het om die wet te oortree net om genees te kon word. Die vrou het met haar hele hart geglo dat al wat nodig sou wees vir haar om gesond te word, was om aan Jesus se klere aan te raak.
Jesus is deur sy eie broers verwerp, aangesien hulle nie ten volle verstaan het wie Hy was nie. Baie Jode het Hom verwerp, Hom 'n leuenaar en 'n valse profeet genoem en baie heidene het Hom gevrees. Nie hierdie vrou nie. Hierdie vrou, wat sosiaal geïsoleer, uitgesluit en van haar gemeenskap geskei was, het presies geweet wat Jesus kon doen. Haar geloof in sy genesende krag het haar heeltemal verander. In sy groot barmhartigheid en deernis het Jesus, sonder dat Hy ooit 'n woord gesê het, haar geloof geëer deur berusting en lof te bied, benewens die wonderbaarlike fisieke genesing wat plaasgevind het.
Ons vind onsself dalk uitgesluit, afgesny, verworpe, misverstaan, gevrees, geïsoleer, of nie in staat om te aanbid soos ons die meeste daarvan hou nie, maar glo! Jesus is naby jou, jy hoef net uit te reik.
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/