21 Dae VasVoorbeeld

21 Day Fast

DAG 5 VAN 21

Is vas nie veronderstel om 'n geheim te wees nie? Dalk het jy hierdie reis begin as deel van 'n groep wat vas. In die Bybel lees ons dikwels dat 'n vas vir groepe uitgeroep is deur persone in gesagsposisies. Dink na oor wat Jesus se bedoeling is in hierdie skrifgedeelte. Hoekom het jy met mense oor vas gesels? Wat was jou bedoeling? Was dit om ander te aan te moedig of om ondersteuning van ander te kry? Het jy 'n geheime heilige of geestelike wens? Net twee ken die antwoorde van hierdie vrae - jy en God. Bid vandag en vra God om jou bedoelings te ontbloot. Vra Hom hoe jy bemoediging kan soek sonder om trots in jou hart te hê.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 Day Fast

Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.

More

We'd like to thank Life.Church for their generosity in providing the structure for the 21 Day Fast reading plan.