Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 1 VAN 8

Dag 1

2 TIMOTEUS 3:10-12 & 14-17

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan. Dis al wat daar is, dis al wat vir altyd sal wees. God is verhouding. Daardie konneksie tussen die Vader, Seun en die Heilige Gees, (en die interaksie wat plaasvind, die oordrag wat plaasvind in daardie konneksie) beskryf Johannes as liefde en hy sê: God is liefde. Dis die kern van realiteit. Dis waaruit alles gebore is en tot stand gekom het. Dis wat alles onderhou. Dis verhouding.

So, ons lewe is verhouding. ‘n Paar gedagtes oor verhoudings:

  1. Die aard van verhoudings verskil. Ek meen, ons verhouding met God en ons verhouding met iemand naby aan ons en ons verhouding met ons hond of ons kat is anders van aard. Dis ʼn ander soort verhouding. Maar dis nog steeds ʼn verhouding en dis nog steeds ʼn vorm van kommunikasie en dis nog steeds iets wat oorgedra word in daardie spasie.
  2. Die kwaliteit kan verskil in verhoudings. Jy kry ʼn verhouding en konneksie wat lewe gee en jy kry ʼn verhouding en konneksie wat jou dreineer en alles uit jou uit vat.
  3. ʼn Verhouding is dinamies. Dit bly nie dieselfde nie. Almal is nie ewe belangrik nie. Dis wat Jesus sê. Daar is een verhouding bo alle verhoudings. “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand” — bo alles.
  4. Daar is baie soorte verhoudings wat ons het. Een tot een. Ons belangrikste verhouding vandag is seker romantiese verhoudings wat soveel van ons verbeelding en energie vat. Meeste van ons aandag gaan om daardie verhouding tot stand te bring en te bou en te kry. Maar ons het ook ʼn ander verhouding as daar pyn is in verhoudings. Dis ʼn terapeutiese verhouding. Ons ag daardie verhouding. Ons betaal baie geld om net ʼn uur te hé van daardie interaksie met iemand anders, want iets gebeur in daardie spasie. Jy kry afrigters vir ʼn musiekinstrument of ʼn atleet. Jy kry coaching vir waar jy is in jou lewe en waarheen jy wil gaan. Jy kry ʼn leraar of onderwysers wat vir jou kennis oordra.

Daar is baie genade-middele (maniere waarop God ons help, genade gee, geskenke gee) wat ons in staat stel om te kan groei in hierdie belangrikste verhouding wat daar in ons lewe is.

In hierdie leesplan gaan ons na ‘n paar van hierdie genade-middele kyk.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/