Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 8 VAN 8

Dag 8

Handelinge 15:36-41

Die Griekse woord wat gebruik word wat vertaal is as kwade gevoelens — paroxysmos — is ‘n baie sterk woord, dit kan vertaal word as ‘n geweldige woede — a violent anger — tussen die twee. En jy voel die seer en spanning as jy sien wat hier afspeel; maar ons leer ken die vriendskapshart van Barnabas weer hier.

Markus het vir Paulus en Barnabas 'n paar maande tevore in die steek gelaat. Hy het hulle in die steek gelaat, Barnabas wil vir Markus nog 'n kans gee. Op een of ander manier sien Barnabas dat Markus nog 'n kans verdien. Op een of ander manier kan Barnabas potensiaal in Markus sien. Op een of ander manier verstaan ​​Barnabas miskien hoekom Markus misluk het, en daarom sê hy: Markus, ek wil hê jy moet saam met my kom, en hy gee hom nog 'n geleentheid. Vandag het ons Markus se evangelie. Sou ons vandag Markus se evangelie gehad het as Barnabas hom nie ’n tweede kans gegee het nie?

Ek is diep dankbaar vir mense wat my 'n kans gegee het. Mense wat vir my ‘n geleentheid gegee het. Dit is 'n wonderlike geskenk. Aan wie kan jy 'n geleentheid gee? Miskien is daar iemand wat misluk het in jou vriendskap, maar jy kan potensiaal raaksien. Jy weet dalk hoekom hy of sy gefaal het en jy voel ek gaan nog op jou waag. Ek gaan nog 'n kans op jou waag.

Ons het Barnabasse nodig …

Wie is jou Barnabas? Vir wie kan jy Barnabas wees?

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/