Verhoudings wat my vormVoorbeeld
Dag 6
Handelinge 9:26-29
Paulus het hierdie dramatiese ontmoeting met Jesus Christus gehad, en daarom het hy na Jerusalem gekom omdat hy daar by die dissipels wou aansluit, maar hulle was bang vir hom. Hulle was agterdogtig teenoor hom. Hulle het nie geweet waaroor sy motiewe gaan nie. Wou hy in hul groep kom, en wou hy dalk voortgaan met van die "scaley" besighede waarmee hy besig was? Hulle het nie regtig geglo dat hy 'n dissipel is nie, maar kyk nou vir Barnabas. Te midde van hierdie ontmoedigende situasie van agterdog, van wantroue, neem Barnabas vir Paulus en bring hom na die apostels.
Nou, let op Barnabas, kyk wat hy hier doen. Hy het vir hulle vertel hoe Saul op sy reis die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus vreesloos in die Naam van Jesus gepreek het. Barnabas betree hier 'n situasie van wantroue, van agterdog, en hy is 'n vriend deur die beste te glo en Paulus te aanvaar. Dit is Barnabas. Die dissipels kan hulle harte deel, Paulus kan sy hart deel en Barnabas is ‘n brug tussen hulle. Niks skok hom nie, niks kan hom teleurstel nie. Hy luister en hy aanvaar.
Ons het Barnabasse nodig. Dit is daardie medewerkers wat saam met jou op hierdie pad loop. Gewoonlik deel julle ‘n lewensmissie, en wanneer jy daardie persone ontmoet is daar ‘n "chemistry" wat julle net bymekaar laat kom en julle laat voel maar ons kliek nou met mekaar.
Dis lekker om by hierdie persoon te wees. Jy het by die huis gekom. Jy kan jouself wees. Dis daardie plek waar jy nie bang is om te sê hoe jy voel nie. Dis die plek waar jy veilig is om hardop te dink, en jy hoef nie op jou hoede te wees en jou woorde te tel nie want jy gaan nie hierdie persoon skok nie. Jy gaan hom ook nie baie beïndruk nie. Hy ken jou as jy probeer maak wie jy nie is nie. Hy is die een wat vir jou ook die waarheid sal vertel en weereens, is ons wêreld miskien net geweldig arm aan vriendskappe, baie arm aan vriendskappe. Baie van ons het nie ‘n huis, ‘n plek waar ons met ander mense ons maskers kan afhaal en net onsself kan wees nie. Ons verlang na daardie tyd wat ons ons lewe diep kan deel en saam kan lag en saam kan huil. Waar ons kan bemoedig word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/