Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 5 VAN 8

Dag 5

Handelinge 9:26-29

Een van God se genade-middele is die verhouding van vriendskap. Wat is jou eerste herhinneringe van vriendskap?

Ons hond, Lady – ‘n groot bokser wat gedink het sy is ‘n Yorkie, was my heel eerste beste maatjie. Sy het geluister, sy het saam gehuil, saam gespeel – en sy was die beste Barbie en Ken terapeut in die wêreld.

Later het Imke gekom. Ons was 8 jaar oud, het probeer sin maak van dinge in die lewe, agtergekom waarin is ons goed, sy het geweet van al my vrese, en ons twee was seker ons gaan die wêreld eendag verander!

Later was daar nog wat gekom en gegaan het soos die lewe gebeur het, maar elkeen is ‘n vormende verhouding in my lewe.

Wie was daardie vormende vriende vir jou?

Vriendskap is ‘n kragtige mag wat in jou werk. In ons geloof glo ons dis een verhouding wat vir ewig staan. As jy glo in reinkarnasie of as jy glo daar is nie ‘n ewigheid nie, is dit verby. God is egter verhouding en Hy het ons gemaak uit verhouding, vir verhoudig. Ons is gemaak vir vriendskap met Hom, met mekaar en dis ‘n ewige vriendskap.

Hierdie is die een verhouding waarmee jy kan wegdoen, maar jy kies nog steeds hierdie verhouding. Dis nie bloed nie, dis nie verpligting nie. Daar is niks wat hierdie verhouding dwing nie, en jy het ‘n vrye keuse. Dis ‘n verhouding wat iets in jou na vore bring wat niemand anders kan nie. CS Lewis het gesê as jy ‘n vriend verloor is dit nie dat jy na die persoon verlang nie; dis wat daardie persoon uit jou uit geroep het waarna jy verlang.

Ons lees van ‘n baie spesifieke vriend wat ‘n vormende krag in Paulus se lewe was – Barnabas.

Ons lees die eerste keer van Barnabas in Handelinge 4. Sy naam was Josef, maar die apostels het hom die bynaam “Barnabas” gegee, wat ’n Aramese naam is wat “seun van bemoediging” beteken. As jy deur Handelinge lees sien jy hy is ‘n baie interessante mens. Hy beweeg in situasies en bring bemoediging, hoop, geloofsgemeenskap en vriendskap te weeg. Hy beoefen Jesus se uitnodiging: waar twee of meer in my Naam vergader, waar twee of meer vriendskap vorm waar Jesus die gom is – daar is Hy op ‘n besondere manier in hul midde en gebeur daar groot dinge.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/