Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 4 VAN 8

Dag 4

2 TIMOTEUS 3:10-12 & 14-17

Hoe groot klem word gelê op die eienskappe van ʼn Paulus? Dit is natuurlik so dat nie enige iemand ʼn Paulus kan wees nie. Die groot vraag is, nou maar wie kry ek? Waar kry ek hom?

Dit is so dat dit iemand moet wees wat ouer is in die geloof, wat ervaring het en wat dit kan verwoord en wat ʼn begeerte het om ook dit van die lewe met die Here te wil deel en te wil gee vir iemand anders. Paulus sê hy het so ʼn groot begeerte. Hy sê: “Ek is in barensnood dat Christus in jou gestalte kan vind, dat jy in hierdie lewe kan instap.” Dis nie iemand wat groot beheer-behoeftes het oor iemand jonger, om vir hulle presies nou te beheer en te vertel wat om te doen nie.

Begin rondkyk in die geloofsgemeenskap waar jy is. Vra die Here vir ʼn Paulus. Hulle is daar. Let op wat gebeur en vra dan so ʼn persoon. Dis meer iets wat alreeds in jou lewe is wat jy moet ontdek. Dis ʼn verhouding wat bestaan wat erken moet word.

Die tweede groot vraag is: Wie moet ek word om geleer te kan word? Dit gaan oor ‘n ingesteldheid. Paulus sê vir Timoteus: “Jy het my navolger geword.” Het jy ʼn navolger geword? Weet jy wat dit beteken om ʼn navolger te word? Dit beteken om iets van die self te laat gaan, om oop te maak, leeg te maak sodat jy kan ontvang. Ons weet so min van Jesus in die eerste 30 jaar van sy lewe, maar dit was die ingesteldheid waarmee Jesus sy lewe ingegaan het. Hy het in die midde van die leraars gesit, op die ouderdom van 12. Hy het na hulle geluister en hulle uitgevra. Jesus se boetie, Jakobus, sê: “Ontvang met sagmoedigheid die ingeplante Woord van God wat in staat is om jou siel te red.” Daar moet ʼn sagmoedigheid wees, ʼn nederigheid by jou, openheid by jou, om te kan ontvang.

Ek dink dikwels dat ons net een verhouding weg is van ʼn deurbraak in ons lewe, een verhouding weg vir die nuwe groei-kurwe in ons lewe.

Wat het jy nodig? Wat moet jy vra? Wie moet jy vra?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/