Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 2 VAN 8

Dag 2

2 TIMOTEUS 3:10-12 & 14-17

Een van hierdie genade-middele is ʼn Paulus. Nou, wat is ʼn Paulus? Hoekom ʼn Paulus? Hoe ʼn Paulus? Wel, in die eerste plek, is ʼn Paulus ʼn metafoor vir ʼn soort verhouding, ʼn soort ouerskap-verhouding wat daar tussen jou en iemand anders is.

Paulus skryf vir Timoteus en sê vir hom: “Jy is my ware kind in die geloof.” Hy sê eintlik vir hom: “Ek is jou vader, jy is my kind, maar die gom in hierdie verhouding en die dinamika in hierdie verhouding is geloof.”

Daar is baie soorte verhoudings. Hierdie verhouding is ʼn mentor-verhouding.

Hierdie verhouding is nie noodwendig vir baie van ons belangrik nie. Ek weet nie hoe jy groot geword het nie, maar ek het nie in ʼn tradisie groot geword wat klem gelê het op so ʼn diepe verhouding wat in jou lewe moet wees nie. Dis maar jou ouers wat vir jou vertel van die Here, help met die Here, maar baie van ons het nie ouers gehad wat dit regtig kon doen of wou doen of ingestel was daarop nie. In die Christendom wat uit die Jodedom kom, was dit egter belangrik. In die tyd van Jesus was dit baie belangrik – hulle is gementor van kleins af om geskool te word in die Skrifte.

Wie het jou geleer? Wie volg jy nou? Wie is besig om nou die groot invloed op jou verbeelding te hê, op jou denke te hê van wat dit behels om hierdie verhouding met die Here te hê? Ons almal volg iemand.

Hier is die uitnodiging: om ʼn bewussyn te kry van die soort verhoudings wat jy het, van die dinamika in daardie verhoudings, en agter te kom of hierdie soort verhouding daar is en of dit vir jou belangrik is. Aristoteles het gesê: “Ons skuld ons onderwysers meer as vir ons ouers. Ons ouers het ons lewe gegee, maar ons onderwysers het ons die goeie lewe gegee.”

Die vraag is: wie volg jy?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/