Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 3 VAN 8

Dag 3

2 TIMOTEUS 3:10-12 & 14-17

Wat gebeur in hierdie mentor-verhouding? Wel, drie woorde: fasette, fases en fiksheid.

In die eerste plek, gaan hierdie verhouding oor al die fasette van jou lewe. ʼn Verhouding met God raak jou hele lewe. Paulus sê: “Ek wil met jou praat oor jou leer, jou lewenswandel, jou planne, jou geloof.” En as jy die boek lees, dan kom jy agter hy leer vir klein Timoteus wat hy moet doen met verwerping, wat hy moet doen met mislukking, wat hy moet doen met teenstand, wat goeie maniere is om om te gaan. Hy maak hom bewus van verhoudings waarin hy is en wat hy moet insit in verhoudings. Hy leer hom van die Bybel en hy sê vir hom wat die Bybel is en hoe belangrik die Bybel is. Hy vertel hom hoe hy die Bybel moet lees en hoe gereeld hy dit moet doen en hoe hy dit moet doen. Alles van die lewe word aangeraak. Dan het dit egter ook te doen met fases. Hy sê vir hom: “Jy is nou ʼn kind.” Hy sê daar is lewensfases. Hierdie fases hou verband met jou fisieke lewensfases, maar ook geestelik.

Hy help hom met die verbeelding van ʼn groot blik op die lewe.

Dan fiksheid. Hy sê vir Timoteus: “Timoteus, ek is soos ʼn afrigter vir jou. Word geestelik fiks.” Hy sê: “Oefen daagliks in God. Oefen jouself om goddelik te wees.” Jy “try” nie – jy “train” daarvoor. Dis soos die Comrades. Jy probeer nie om die Comrades te hardloop nie. Jy oefen om die Comrades te hardloop. Baie van ons in die lewe oefen nie. Net soos wat jy ʼn musiekinstrument moet oefen, is daar geestelike oefeninge. Net soos jy vir enige ding in die lewe moet oefen, oefen jy om te kan leef saam met die Here.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/