Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

DAG 1 VAN 9

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie

Die God van Jakob (1)

“‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob’, Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes” (Matteus 22:32).

“Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm” (Psalm 20:2).

"Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar ... Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut ... Isai was die vader van koning Dawid; Salomo was die vader van Rehabeam … Abia van Asa ... en Joram van Ussia ... en Agas van Hiskia; Hiskia was die vader van Manasse ... Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word" (Matteus 1:1-16).

Die verhaal van Jakob maak vir ons ’n deur na hoop oop. As ons die begrip “die God van Jakob” letterlik vertaal, beteken dit “die God van die hakskeengryper” of “die God van die bedrieër”. Jakob was die soort man wat jy nie onder jou oë sou wou laat uitgaan nie. Jy sou hom nie graag as ’n intieme vriend wou hê nie. Jy sou nooit kon seker wees van hom nie. Hy was ’n man wat sy eie broer uit alles verkul het, nie omgegee het om vir sy pa te lieg nie en sy skoonpa sonder skroom bedrieg het.

En tog noem God Homself “die God van Jakob”!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com