Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

DAG 3 VAN 9

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie

Die Leeu van Juda

God noem Homself die God van Juda. Juda is die soort man wie se naam niemand graag in sy geslagsregister wil hê nie. Sy storie in Genesis 38 wil ’n mens nie eers vir hoërskoolkinders lees nie. Hy is nie die soort man wat jy graag vir ’n pa of ’n oupa sou wou hê nie. Kyk na sy geskiedenis: Hy trou teen die wens van sy ouers met ’n Kanaänitiese vrou en sy oudste kind is so goddeloos dat God hom reeds op ’n jong ouderdom doodmaak. Daarna het Juda omgang gehad met ’n vrou wat hy gemeen het ’n prostituut was, maar dit was sy eie skoondogter. Die kind wat uit bloedskande gebore is, was Peres. In die geslagsregister van Jesus (Matteus 1:2-3) lees ons: “Jakob die vader van Juda, Juda die vader van Peres.” God “verswyg” nie die storie van Juda, Tamar en Peres nie. Dit is deel van God se storie met stukkende mense.

Juda se goddeloosheid is nie vir God 'n verleentheid wat verswyg word nie. Jesus word die Leeu uit die stam van Juda genoem. "Toe sê een van die ouderlinge vir my: 'Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak'” (Openbaring 5:5). Dink mooi oor wat hier staan. Juda se lewe het nie God se plan met hom en sy nageslag vernietig nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com