Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

DAG 5 VAN 9

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie

Die God van die mense op die rand van die samelewing

Hy is die God van Dawid, die koning wat owerspel en moord gepleeg het. Die man wat soveel bloed vergiet het dat God geweier het dat Dawid vir Hom ‘n tempel kan bou. Tog noem die Bybel vir Dawid ’n man na God se hart (1 Samuel 13:14).

God is ook die God van die Kanaänitiese vrou. Jesus het sy lewe vir hierdie vrou afgelê. Sy was bereid om selfs net die “krummels” wat van die kinders se tafel afgeval het, te eet. Maar Hy het vir haar baie meer gegee (Matteus 15:21-28). Hy is die God van die rower aan die kruis. Hy is die God van die melaatses, die uitgeworpenes en die onreines van die samelewing. Hy is die God wat die geknakte riet nie breek en die dowwe, rokende lamppit nie uitdoof nie.

Wie van ons is soveel anders as Jakob, Dawid, die melaatses, Juda, Ragab of Petrus? Ons het almal gedwaal soos skape en ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom (Jesaja 53:6). Paulus skryf in Romeine 7:18: "Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie." Alle mense is sondaars. "Daar staan immers geskrywe: 'Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie'"(Romeine 3:10).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com