Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

DAG 7 VAN 9

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie

So was sommige van julle

Lees noukeurig: “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God” (1 Korintiërs 6:10-11). Die sondes wat in hierdie gedeelte genoem word, het onmeetlike pyn, gebrokenheid, smart, wanhoop, selfveragting en bitterheid tot gevolg.

Lees weer die volgende woorde: “En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek …” (1 Korintiërs 6:11).

Jesus het persoonlike ervaring gehad van gebrokenheid, verwerping, veragting, smaad, hoon, mislukking, lyding, wanhoop en gevoelens van Godverlatenheid. Dit was tog die Meester self wat in “wanhoop” aan die kruis uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Hy is deur mense verwerp, bespot, verag, gespoeg, geklap, geslaan en uiteindelik doodgemaak. Hy is, so leer die Woord ons, die Man van Smarte, bekend met krankheid. Hy is die een wat vir ons deurboor is en in die oë van die wêreld ’n mislukking was. Hy is die klip wat die bouers afgekeur het. Maar God het Hom die hoeksteen gemaak (Efesiërs 2:19-22). Net so wil God jou ook as ‘n lewende steen in sy gebou inmessel.

Die God van Jakob is ’n God van onbegryplike, vreemde en onherroeplike genade, want die evangelie van Jesus Christus is ’n evangelie van genade op genade: "Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang" (Johannes 1:16). Hy het geweet dat ons genade op genade nodig sou hê.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com