Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

DAG 9 VAN 9

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie

God is groter

Ons sonde en gebrokenheid verras Hom nie en beperk Hom nie. Op hierdie oomblik is daar vir jou ’n God beskikbaar wat kan doen wat menslik onmoontlik is (1Johannes 2:1). Hy is ’n God wat harte van klip kan verbrysel. Hy is ook ’n God wat vir jou ’n nuwe hart kan gee, al die bitterheid, onvergewensgesindheid, hardvogtigheid en haat kan uithaal en Goddelike vrede en hoop in die plek daarvan kan gee (Esegiël 36:26-27).

God is groter, altyd groter. Sy genade is groter. Sy genade is gewaarborgde genade. By Hom is daar genoeg genade beskikbaar (Johannes 1:16).

Maar jy moet self uitroep. Dit bly jou keuse (1Johannes 1:9-10).

Kyk na die kruis: dit is leeg. Kyk na die graf: dit is leeg. Kyk op in die hemel en jy sal soos Stefanus die Seun van God aan die regterkant van die Vader sien staan (Handelinge 7:56). Dáár is jou Anker! Dáár is jou Hoop! Dáár, in die Here Jesus, is jou ewigheid vasgemaak en dáár is die Bron vanwaar lewende water daagliks in genoegsame hoeveelhede vir jou uitgemeet word.

‘n Laaste woord: God keur nie sonde goed nie. Hy kyk dit nie mis nie. Jy kan kom soos jy is, maar moenie weggaan soos jy gekom het nie. Gee jou lewe oor aan Hom. Vra Hom om jou te reinig, skoon te maak, nuut te maak — en volg Hom dan.

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie

So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com