Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld
Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie
Die God van Jabes
Hy is die God van Jabes. Sy naam beteken "die een wat pyn veroorsaak." Sy ma het hom so genoem, want sy geboorte was baie moeilik. Daar het 'n verwagting bestaan dat sy hele lewe smart sal oplewer. Jabes het egter sy lewe in die hand van die Here gestel en die God van Israel, wat eers Jakob genoem is, aangeroep. Jakob "die bedrieër" het Israel "die prins van God" geword. Jakob het tot God geroep en God het hom gehoor, geseën en sy naam na Israel verander (Genesis 32:7 - 32). "Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: 'Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.' God het laat gebeur wat hy gevra het" (1 Kronieke 4:10).
God kan jou hoor. Roep tot Hom. Hy wil en kan jou lewe verander. Hy wil en kan jou skande, smaad, tekortkominge en sonde wegneem. Hy wil en kan jou van jou pyn verlos. Hy wil en kan jou vrymaak van jou vermoë om pyn te veroorsaak. Hy is die God van bendeleiers, prostitute, pimps, dwelmhandelaars, dwelmverslaafdes, hekse en satanistiese hoëpriesters. Dit is vir sulke mense — sondaars en mense wat ’n geneesheer nodig het — dat Hy sy Seun na die wêreld gestuur het sodat die bloed van Christus hulle sonde kan afwas.
Aangaande hierdie leesplan
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com