Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Jesus Christus: Hemelvaart
Lees: Handelinge 1:1-11; Efesiërs 4:10
SOAP: Handelinge 1:9; Efesiërs 4:10
“Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie” (Handelinge 1:9).
“Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul” (Efesiërs 4:10).
Oordenking
Aan die begin van die boek Handelinge, nadat Jesus uit die dood opgestaan, aan baie verskyn het en veertig dae saam met sy dissipels deurgebring het, lees ons van Jesus wat in die hemel opgeneem is. Hierdie oomblik dui op die einde van Jesus se aardse bediening en die begin van sy hemelse heerskappy. Sy hemelvaart dien as sy koninklike kroning en verklaar hom tot Koning van die konings.
Jesus het opgevaar na die regterhand van die Vader, 'n posisie van groot gesag. Vanuit hierdie plek van mag regeer, administreer Hy sy Koninkryk en dien Hy as Regter oor hemel en aarde, soos beklemtoon in Efesiërs 4:10.
Vanuit sy verhewe posisie het Jesus die Heilige Gees op die kerk uitgestort. Hierdie gawe bemagtig ons om ons geloof uit te leef en sy missie op aarde voort te sit. Alhoewel Jesus nie meer liggaamlik by ons teenwoordig is nie, bly Hy geestelik teenwoordig en pleit Hy voortdurend vir ons.
Die hemelvaart bring ook vir ons groot troos en hoop terwyl ons deur ons aardse lewens gaan. Ons weet waar Jesus is. Hy sal terugkeer om sy Koninkryk op aarde te vestig en die wêreld te oordeel. Hierdie versekering help ons om die uitdagings en bekommernisse van hierdie wêreld in perspektief te plaas. Jesus berei vir ons plek voor, net soos Hy in Johannes 14 belowe het.
Jesus se hemelvaart dring ons om met 'n ewigheidsperspektief te leef. Ons word aangespoor om die dag te verwag wanneer ons saam met Hom in ons hemelse tuiste sal wees. Hierdie hoop is nie net 'n passiewe geloof nie, maar 'n herskeppende krag wat ons lewens kan en moet vorm, wat ons in staat stel om met vreugde vir die toekoms te leef, 'n toekoms wat helder en veilig is.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir u hemelvaart. Help my om in die krag van u Gees en met die hoop op ons toekomstige tuiste saam met U te leef. Troos my met die kennis van u teenwoordigheid en heerskappy. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/