Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Jesus Christus: Opstanding
Lees: 1 Korintiërs 15:1-8; Romeine 6:9-10
SOAP: 1 Korintiërs 15:3-4; Romeine 6:9
“Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte” (1 Korintiërs 15:3-4).
“Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie” (Romeine 6:9).
Oordenking
Die opstanding van Jesus Christus is die belangrikste gebeurtenis in die menslike geskiedenis. Daarsonder sou ons bloot 'n dooie Messias gehad het. In plaas daarvan, dien ons 'n Verlosser wat lewe en regeer (1 Korintiërs 15).
Die magte van sonde en dood kon Jesus nie in die graf hou nie. Sy opstanding is die grootste bewys van sy Goddelikheid en die vervulling van God se verlossingsplan. Meer as 500 getuies, insluitende sy dissipels, het Jesus na sy opstanding lewend gesien. Hulle het die wonde in sy hande gevoel en hom herken en bevestig dat Hy inderdaad uit die dood opgestaan het.
Die wêreld het verander as gevolg van Jesus se opstanding! Ons sien dat die kerk daarna begin floreer het as gevolg van die boodskap van die opgestane Jesus. Tradisies het ook oor die hele wêreld verander. Alhoewel dit vandag nie meer so wyd geleer word nie, hang die manier waarop ons kalenders gestruktureer is, af van die lewe en opstanding van Jesus.
As Jesus ná sy kruisiging in die graf gebly het, sou daar geen hoop vir gelowiges gewees het nie. Ons geloof sou leeg wees en ons sou steeds vasgevang wees in ons sondes (1 Korintiërs 15:14). Omdat Jesus egter uit die dood opgestaan het, het ons hoop op die vergifnis van sondes en die belofte van die ewige lewe. Sy opstanding verseker ons dat Jesus se werk genoeg was — en die dood het nie die finale sê nie.
Hierdie oorwinning oor die dood beteken dat diegene wat op Jesus vertrou, in sy triomf deel. Ons kan met vertroue verklaar dat sonde nie meer 'n houvas op ons het nie.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir u oorwinning oor sonde en dood. Help my om in die hoop en versekering van u opstanding te leef. Versterk my geloof en vul my met vreugde, wetende dat ek deel in u triomf en die belofte van die ewige lewe het. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/