Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

"... die vergewing van sondes ..."
“... sy geliefde Seun – deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het” (Kolossense 1:14).
Toe die eerste mense geskep is, het hulle 'n hegte en harmoniese verhouding met God gehad. Maar hulle het besluit om aan Hom ongehoorsaam te wees. Dit het die verhouding verwoes en die mensdom in 'n toestand van sonde en dood gedompel, vervreem van hul Skepper. Van toe af is alle mense sondig gebore, nie in staat om regverdige lewens te lei nie.
Die enigste moontlike oplossing vir hierdie probleem moet van God kom, aangesien mense nie in staat is om dit reg te stel nie. God het die wêreld so lief dat Hy sy enigste Seun gegee het om die prys vir menslike ongehoorsaamheid te betaal. Jesus het dit gedoen deur 'n volmaakte lewe te lei, ons sonde en skande op Hom te neem en namens ons te sterf. Hy het die goddelike toorn gedra en die mag van sonde oor mense verbreek, "... sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sou gaan nie, maar die ewige lewe sou hê" (Johannes 3:16).
As jy jou saak met God wil regmaak, moet jy jou sondes bely, daarvan wegdraai en in Jesus glo. Hy sal jou rein maak van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het. Daar is geen ander manier om van jou skuld ontslae te raak nie!
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org