Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

Die belangrikste waarhede
"Broers, ek herinner julle aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, en waarin julle ook vasstaan, waardeur julle ook verlos word; mits julle vashou aan die evangeliewoord wat ek aan julle verkondig het – tensy julle vergeefs tot geloof gekom het. Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte" (1 Korintiërs 15:1-3).
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Daar is soveel stories, sleutelwoorde en waarhede, dat mens vinnig die oorsig verloor. Dit is nie maklik om te onderskei wat van sleutelbelang is en wat nie, wat jy absoluut moet weet en watter besonderhede kan wag nie.
Jy is nie die eerste een wat met hierdie vrae worstel nie. Vroeg in die geskiedenis van die kerk het mense 'n geloofsbelydenis gevestig, wat 'n kort lys van teologiese stellings was wat hulle ongetwyfeld as waar en noodsaaklik beskou het. Hulle het nie altyd oor alles saamgestem nie, maar hierdie lys van belangrike waarhede het hulle verenig – en hulle van ander godsdienste onderskei.
Deur die eeue heen was hierdie opsomming nuttig vir gelowiges. Dit word deur baie kerke tydens hul kerkdienste gebruik. Byvoorbeeld, wanneer mense gedoop word, vra sommige kerke hulle om hul geloof in hierdie fundamentele leerstellings te bely.
Kom ons bestudeer hierdie geloofsbelydenis oor die volgende twaalf dae, een bietjie op 'n slag, om 'n duideliker begrip van die basiese oortuigings van die Christelike geloof te kry.
Lees vandag net die teks:
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader;
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees;
ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges,
die vergewing van sondes,
die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org