Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

DAG 5 VAN 13

"... wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het ..."

“Julle het hierdie man, wat deur die vaste plan en voorkennis van God uitgelewer is, deur die hand van wettelose mense gekruisig en doodgemaak” (Handelinge 2:23).

Jesus Christus was die Seun van God wat die waarheid oor God verkondig het en mense aangespoor het om terug te draai na die Here. Hy het ook baie bonatuurlike wonderwerke gedoen, mense van ongeneeslike siektes genees en selfs sommige mense uit die dood opgewek. Dit alles het groot skares gelok.

Maar Jesus het nie aan al die mense se verwagtinge voldoen nie. Baie het na politieke hervorming gesmag; hulle wou hê dat Jesus hulle koning moes wees. Sy missie was egter oor geestelike vernuwing, nie politieke transformasie nie. Toe hulle teleurgestel is, het baie van Jesus af weggedraai. Boonop het die godsdienstige elite beplan om Hom dood te maak. Hulle het die teleurgestelde skare opgesweep en die Romeinse amptenare oortuig om Jesus aan 'n kruis te spyker. Na ure van intense lyding het Hy gesterf.

Dit was die donkerste uur van die geskiedenis. Die onskuldige Seun van God is deur onregverdige goewerneurs, goddelose godsdiensleiers en wrede soldate vermoor. Maar die Bybel sê dit alles was deel van God se plan. Jesus het geweet dit sou gebeur en Hy was bereid om te ly. Hoekom? Omdat Hy geweet het dit is die enigste manier om die mensdom van die ewige dood te red – soos ons in die komende dae sal sien. Is jy bewus daarvan dat jy redding nodig het?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org