Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

"… wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader …"
“Daarom het God Hom (Jesus) ook uitermate verhoog en aan Hom die Naam geskenk wat bo elke naam is” (Filippense 2:9).
Na sy opstanding uit die dood het Jesus nie op aarde gebly nie. Sy aardse sending is voltooi en Hy het na sy Vader in die hemel teruggekeer. God die Vader het Hom die allerbeste posisie aan sy regterhand gegee. Alle ander dinge en ander wesens is onder Hom. Hy is die Koning van die konings!
In die hemel gaan Jesus steeds voort met sy werk. Hy dien as priester. Hy tree in vir sondaars. Hy regeer die heelal. Hy berei 'n plek in die hemel (en later op die nuwe aarde) vir gelowiges voor.
Tydens sy aardse bediening het Jesus Homself vir die sondes van die mense opgeoffer. Daarom is Hy nou in staat om hulle te red en vir hulle te sorg.
Miskien voel jy jammer dat Jesus nie meer sigbaar op aarde teenwoordig is nie. Sal dit tog nie makliker wees om in Hom te glo as ons Hom kon sien nie? Eintlik nie. Jesus het soos 'n gewone man gelyk. Mense wat Hom gesien het, het steeds die hulp van die Heilige Gees nodig gehad om te glo dat hierdie gewone mens die Seun van God is. Die feit dat Jesus nie meer tot 'n menslike liggaam beperk is nie, maak dit moontlik om tot Hom te bid, waar jy ook al is. Jy hoef nie na Israel te reis nie. Jy kan met Hom kommunikeer en Hy sal uit die hemel hoor.
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org