Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

DAG 8 VAN 13

"... van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het."

“... op die dag van toorn, wanneer die regverdige oordeel van God geopenbaar sal word. Hy sal elkeen beloon volgens sy dade” (Romeine 2:5-6).

Jesus Christus is in die hemel, maar Hy sal nie vir ewig daar bly nie. Aan die einde van die tyd sal Hy terugkeer met goddelike heerlikheid om alle mense te oordeel – dié wat gesterf het en dié wat lewe. Hy sal almal beloon of straf vir wat hulle gedoen het. Selfs die dinge wat in die geheim gedoen word, sal geoordeel word. Jesus sal regverdig oordeel.

Die Bybel is heeltemal eerlik dat geen enkele mens God se oordeel op sy eie kan verduur nie. “Daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie een nie” (Romeine 3:12). Niemand het al God se gebooie volkome onderhou nie en daarom is elke mens skuldig aan sonde. Die enigste manier om ewige straf vry te spring, is om in Jesus Christus as hulle Here en Verlosser te glo. Almal wat Hom weerstaan ​​en verwerp, sal gestraf word en sal nie die ewige lewe ontvang nie.

Nie net sal Jesus die mensdom oordeel nie, Hy sal ook die hemel en die aarde vernuwe. Alles wat deur die kwaad geraak is, sal verdwyn. Jesus sal 'n wonderlike wêreld skep sonder dood, hartseer, trane of pyn. In hierdie nuwe wêreld sal Jesus se volgelinge vir ewig in sy heerlike teenwoordigheid lewe. Maak seker jy is onder diegene wat in Jesus Christus glo!

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org